Video: Apie kan oëverblindery nie glo nie

Skermgreep uit die video

Maximiliano Ibarra kon nie vir ʼn beter gehoor gevra het vir sy oëverblindery nie. Dié TikTok-gebruiker het die Chapultepec-dieretuin in Mexiko besoek toe hy besluit het om ʼn eenvoudige kulkuns-toertjie vir die apie te wys.

Ibarra hou ʼn blaar in sy hand en wys dit vir die apie. Die apie, ʼn Japannese makaak, is aanvanklik nie te geïnteresseerd in wat Ibarra vir hom wil wys nie. Sy reaksie verander egter heeltemal wanneer die blaartjie verdwyn.

Ibarra gryp bloot vinnig die blaartjie met sy ander hand, maar dit is genoeg om die apie verstom te laat. Sy mond gaap oop, sy oë rek en hy is duidelik verbaas oor die “towerkuns” wat voor sy oë afgespeel het. Wanneer Ibarra weer die blaartjie vir hom wys, hardloop hy heen en weer in sy hok – heeltemal te verbaas oor dit wat hy gesien het.

Die apie se reaksie vermaak miljoene kykers.

“Dis verskriklik snaaks, en tog wonderlik om te sien hoe slim die apie is,” het een persoon geskryf. “Hy is soos ʼn oulike kind,” skryf ʼn ander. “So oulik! Die apie se reaksie is baie snaaks!” skryf nog iemand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.