Video: Arend gryp kleuter in park

Waarskuwing: Die persoon wat die video geneem het, gebruik ‘n kragwoord op 0:13. Indien jy ‘n sensitiewe luisteraar is, stel ons voor dat jy die klank afskakel voordat jy na die video kyk.

ʼn Video van ʼn goue arend (aquila chrysaetos of adelaar) wat ʼn kind in ʼn park in Montral, Kanada, opraap, laat sosialemedia-kanale gons.

Die video vertoon die reuse arend, met ʼn vlerkspan van ongeveer 2m, wat oor die stad se Mount Royal-park vlieg. Die arend daal vinnig en raap ʼn kleuter van die grond af op. Die arend dra die kleuter ʼn paar meter voordat hy hom weer laat val.

Buiten skok, lyk dit nie of die kind ernstig beseer is nie.

Die goue arend is die grootste roofvoël in Noord-Amerika en kan, volgens Amerika se National Geographic Society, tot 241km/h op sy prooi afpyl.

OPDATERING: Die video is glo net ‘n foefie. Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.