Video: As dinge skeefloop wanneer jy wil brood bak

Skermgreep uit die video

Dinge kan maklik skeefloop in die kombuis – geen wonder ons praat van “bak en brou” in Afrikaans nie.

Andres Percu Alegria van Santiago in Chili het ʼn video gedeel waar ʼn vrou se poging, om ʼn brood te bak, lelik skeefloop en sy met ʼn gesig vol meel sit. Kykers lag te lekker vir die video wat reeds meer as 9 miljoen keer op Facebook gekyk is.

Die Spaanse vrou is besig om die deeg voor te berei en dan loop alles skeef. Die video is gepubliseer met die byskrif “die nuwe manier om brood te maak”.

La nueva forma de hacer pan jajajaja????????

Posted by Andres Percu Alegría on Wednesday, May 6, 2020

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Alet ·

Ou truuk… Gin snaaks nie. Dis die hele internet vol. Hoe weet ek? Kyk maar hoe stel sy die bak meel reg.

Oom Jaap ·

Ai Alet, kom ons neem die lewe ‘n bietjie minder ernstig op asseblief

amapinki ·

Ja en die houtbord staan ‘n ent oor die rand, reg om te kantel wanneer sy rol.

andre ·

Ek stem saam, daar is al n hele paar verskillende clips soos hierdie een op die net. dis nie meer snaaks nie

Suzette ·

Het ek nou lekker gelag. Het my ook al oorgekom. Maak nie saak hoe ek met meel werk nie, ek is altyd besmeer wanneer ek klaar is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.