Hoe om jou hond se dag te maak? Laat sy gunstelingspeelding in lewende lywe by die huis opdaag!
Emily Crisp, van San Francisco in Kalifornië, het ʼn uitrusting gemaak wat ʼn mens kan aantrek, identies aan haar hond, Jolene, se gunstelingspeelding. Aan die begin van die video is dit duidelik Jolene is dol oor haar groen Gumby, en toe Gumby in lewende lywe by die deur instap, is Jolene se verbasing groot.
Emily het ʼn video van die ontmoeting op Facebook gepubliseer en dit is reeds byna 18 miljoen keer gekyk.
Die vierpoothonde in SA is die enigste wat jy kan vertrou. As hy tande wys of andersom dan is dit so.
Dit is te dierbaar vir woorde !!!!!