Video: As juffrou se aanlyn klas skeefloop …

Dié juffrou is per ongeluk met ‘n paaseier betrap (skermgreep uit die video)

Talle onderwysers wil tydens die afsonderingsperiode seker maak dat hulle leerders se skoolwerk nie agterstallig raak nie en span tegnologie in om klasse aan te bied.

Hierdie nuwe manier van skoolgee het egter sy eie uitdagings – mens weet nooit wanneer die res van die gesin onverwags in die skerm gaan verskyn, jy met ‘n paaseier betrap gaan word en of troeteldiere hulle dalk swak gaan gedra nie …

St John’s Diocesan School for Girls in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal het ʼn grappige video gedeel van ʼn paar onderwysers wie se aanlyn klasse nie heeltemal vlot verloop het nie …

“Ons onderwysers het ure lank geoefen en voorbereidings getref vir die heel eerste, absoluut virtuele skooldag by St John’s D.S.G.,” het die skool in ʼn plasing op sy Facebook-blad gesê. “Hulle het ook lekker vir hulself gelag! In dié gees van dié pret, het hulle ʼn ‘blooper reel’ saamgestel van alles wat tydens aanlyn skoolgee kan skeefloop (en hulle stel maatreëls in plek om seker te maak dat dié ongemaklike aanlyn oomblikke – hopelik – nie weer sal gebeur nie).”

Die skool het ook sy onderwysers bedank. “Ons is baie trots op julle moeite, harde werk en opoffering in hierdie tyd!”

Die video is binne twee dae reeds byna 220 000 keer op Facebook gekyk. Hier volg die prettige video wat die skool gedeel het:

When Online Teaching Goes Wrong…

Like the rest of the world, we will be heading into a new world of teaching, unlike what we've ever experienced before. It's exciting and perhaps a bit daunting too, but our teachers have spent HOURS training, practising and getting ready for tomorrow: the very first, totally virtual day of school at St John's D.S.G.They've also had a good laugh at themselves! So, in the spirit of fun, they've put together a "blooper reel" of everything that could go wrong during online teaching (and they are putting measures in place to ensure these awkward online moments – hopefully! – do not occur) ????Well done to our phenomenal teachers. We are so proud of you for all your effort, hard work and sacrifice during this time! ????

Posted by St John's D.S.G. on Tuesday, April 14, 2020

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sandy ·

Ek het nou so lekker gelag! Die onskuldige woefer is my gunsteling hie hie.

Gawie ·

Dit wys ons net, onderwysers is ook maar net mense. Dankie Maroela, dit het my dag gemaak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.