[Video] As jy maar net kon weet…

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die persoon wat skielik in die ry voor jou indruk, die motoris wat onverskillig verby jou jaag, die kind wat nie ophou huil nie… As ons maar net kon weet wat in iemand anders se lewe aangaan!

Dié vier minuut lange video is ʼn ontnugterende kykie in iemand anders se lewe. Dit herinner jou om nie sommer dadelik te oorreageer op iemand anders se optrede nie – want jy weet dalk nie waarmee daardie persoon tans sukkel nie.

Die Fellowship Bible Church in Little Rock, Arkansas, het al in 2005 die video gemaak, maar die boodskap is vandag nog steeds net so relevant soos 11 jaar gelede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.