Video: As sussie vir boetie uitdaag ….

Skermgreep uit die video

ʼn Boetie en sussie van Klerksdorp in Noordwes wat uit verveling mekaar uitgedaag het, laat sosialemediagebruikers skaterlag.

Jacorine Fourie sê die twee, Janco (10) en Mariè-Nette (9), neem aan hul skool se aanlyn klasse deel en hulle gaan net sekere dae skool toe. “My ouer twee kinders werk albei, so dit is net dié tweetjies in die huis. Hulle is soos vinkel en koljander.”

Sy sê die twee moes eintlik rustig word en gereedmaak vir slaap, toe die verveeldheid ingryp.

Dit blyk die twee het op wasstrokies afgekom het Mariè-Nette lyk of sy die een is wat die aanhitswerk doen – met grappige gevolge.

Die video is baie gewild op sosiale media en is reeds meer as 5 600 keer gedeel. “As die inperking jou tot “ek dare jou” dryf, gebeur hierdie tipe van ding,” het Jacorine by die plasing geskryf. “Julle maak my grys maar ek love julle vreeslik baie.”

As die in inperking jou tot "ek dare jou" dryf, gebeur hierdie tipe van ding. Julle maak my grys mar ek love julle vreeslik baie ????????????????????????

Posted by Jacorine Fourie on Wednesday, August 12, 2020

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anthony ·

LOL…dit was nou regtig snaaks … dankie vir die lekker lag

Kerneels ·

As die kinders so histeries lag in die kamer langsaan, kan jy maar weet daar broei onheil uit…

Ek stem saam, dis vrek snaaks! Wens net hulle het die ma se gesig ook gewys!

TRP ·

Giggel ek nou lekker vir hierdie twee. Onskuldige pret, verveeld is verveeld .

Nella ·

Ek en my man het hierdie video seker 5 keer nou gekyk en lag elke keer net lekkerder. Hoop sussie het ook aan die dare deelgeneem en nie dat boetie alleen sonder ooghare moet rondloop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.