[Video] Baba in vliegtuig gebore

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Vliegtuig, van Taiwan onderweg na Los Angeles, het onverwags ʼn ekstra passasier bygekry.

Die ma, aan boord China Airlines, het twee maande te vroeg begin kraam. “My water het sopas gebreek,” het sy die nuus aan die vliegtuig se bemanning gedeel.

Dr. Angelica Zen, wat nog haar internskap doen, was op pad terug van haar wittebrood en het op die noodgeval reageer. Dit was die eerste keer wat sy op haar eie ʼn baba in die lewe gebring het. Die vliegtuigbemanning het as verpleegsters opgetree.

Een van die passasiers, Edmund Chen, het die geboorte verfilm.

Die vliegtuig het van koers afgewyk en ma en baba in Anchorage afgelaai voordat dit weer opgestyg en by sy oorspronklike bestemming gaan land het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.