ʼn YouTube-video wat in 2013 opslae gewek het, maak nou weer sy verskyning op sosiale media.
ʼn Baba met die naam Amaya kan, volgens haar pa, rustig deur enige musiek slaap, maar daar is een liedjie wat sy weier om mis te loop. Die Koreaanse popsanger, Psy, se “Gangnam style” is blykbaar dié kleinding se gunsteling. Sy is so lief vir die liedjie dat Klaas Vakie en al droomland se trawante haar nie eens kan wegskeur nie.
Die video is reeds byna 34 miljoen keer gekyk.