[Video] Baba sonder arms eet met haar voetjies

Klein Vasilina (Foto: 'n Skermskoot uit die video)

Klein Vasilina (Foto: ‘n Skermskoot uit die video)

Die meeste babas moet met speelse rympies oor vliegtuie en vinnige motors gepaai word om hul kos te eet. Dis egter nie vir almal so nie: ʼn video van ʼn baba, wat sonder arms gebore is en haarself met haar voete leer eet het, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.

Die video is deur die kleuter se ma, Elmira Knutzen van Moskou in Rusland, op Facebook gedeel en is in ʼn enkele week meer as 63 miljoen keer gekyk en 1,4 miljoen keer gedeel.

Die kleuter staan net as Vasilina bekend. Knutzen het ook nog geen ander inligting oor haar bekendgemaak nie.

Bron: Facebook

https://youtu.be/XdP1o9TAovk

[Video nie meer beskikbaar nie.]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

broos ·

dat ‘n kleine kindjie so ‘n groot inspirasie kan wees! :-)
laat dit vir ‘n paar grootmense ‘n voorbeeld wees

Ruby ·

Vader, ek buig voor U om dankie te sê dat my kinders normaal is.

Omvou asb vir klein Vasilina en haar mamma met baie krag en liefde,

Denise ·

Ruby jy kon dit nie beter se nie n ma het soveel om dankbaar voor te wees met normale kinders !!! Liefde en krag vir die moeder en dogterjie!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.