Kai se trotse pa, Pazi D van Smyrna, Georgia in Amerika, het gesê hy en sy vrou Lauren weet sy hou nie van gras nie, maar hy het nie elke keer dié reaksie verwag wanneer hy haar op die gras probeer neersit nie.
Elke keer wat hy Kai probeer neersit, lig sy haar bene in die lug op.
“Wil jy op die gras speel? Gaan jy nie op die gras sit nie?” sê Pazi, ‘n eiendomsagent, in die video wanneer sy dogter dit duidelik maak dat sy nie beïndruk is met dié groen goed nie.
Die video is vinnig meer as 1 miljoen keer op Facebook gekyk toe dit gepubliseer is.
Fro Babies het dit oorspronklik op YouTube gelaai.
Op gras sit is nie vir alle dames nie
Te cute
Te cute neh.
Kostelik :))
Ag dis te cute, het nou lekker gelag vir die kleinding………….
Whahaha sy lyk soos n gimnas! Dis te ougat.
Dit lyk nou baie oulik, maar die kleinding kan dalk n sensoriese afwyking hê, wat met enige van die sintuie ervaar kan word, en deur arbeidsterapie aangespreek moet word..
My jongste dogter het dit ook gedoen. Ons het ons klaar gelag vir haar. Tot vandag toe loop sy ook nie kaalvoet nie. Nie eers binne op teëls nie. En syt die mooiste voete.