Video: Babahondjie probeer die sonlig eet

Skermgreep uit die video

Daar is min dinge in die lewe wat mens se dag so kan ophelder soos babadiere wat iets oulik doen.

ʼn Twitter-gebruiker het onlangs ʼn video gedeel van sy agt weke oue babahondjie wat sonskyn “ontdek” het en dit is te dierbaar.

Stefan Bertin het die video van sy hondjie Toni gedeel waar sy probeer om die sonskyn te eet. Die video wys hoe die lawwe brakkie hap-hap na die sonskyn op die vloer en selfs op haar eie pote.

“Toni het vandag sonskyn ontdek. En toe probeer sy om dit te eet,” het Stefan gesê. “Daar is ʼn metafoor opgesluit hierin.”

“Sy’s perfek!” laat iemand in die kommentaar-gedeelte hoor. “Sy probeer ʼn pocket full of sunshine kry,” sê nog iemand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.