Video: Barbie se grootste aanhanger

Azusa Sakamoto (Foto: azusabarbie, Instagram)

Azusa Sakamoto (36), ʼn naelkunstenaar van Los Angeles, het al meer as $80 000 (meer as R1 miljoen) spandeer aan haar obsessie met Barbie.

“Barbie wys my dat ek enigiets kan wees,” verduidelik sy. Sy het tans 222 Barbie-poppe, trek ook elke dag soos Barbie aan en bly in ʼn pienk Barbie-huis.

Azusa het in Japan grootgeword. Haar liefde vir dié langbeenpop het begin toe sy 15 jaar oud was en Amerika tydens ʼn uitruilprogram besoek en ʼn Barbie-kosblik gesien het. Dit was die eerste van talle Barbie-aankope en nou spandeer sy byna al haar geld aan enigiets wat Barbie-verwant is.

“My hele huis is vol van Barbie – my beddegoed, matte, die kuns teen my muur … en as iets nog nie Barbie op het nie, dan tooi ek dit sommer self met plakkers of bykomstighede.” In haar woonstel in Hollywood het sy ʼn Barbie-ketel, Barbie-rooster, Barbie-mikrogolfoond… En sy bedien ook selfs pienk kos – van beetsap om pienk roereier te maak, tot pienk voedselkleursel vir pienk koffie en pienk botter!

Azusa se klerekas is ook vol Barbie-bykomstighede, maar sy maak seker dat dit Barbie vir volwassenes is, nie die kinderklere nie.

Haar Barbie-poppe word in ʼn vertoonkas in haar sitkamer uitgestal en die duurste een, wat nie te koop is nie, is ongeveer $1 800 (meer as R23 000) werd.

Sy is ʼn naelkunstenaar en haar groot droom is om Barbie se amptelike naeltegnikus te word.

“Barbie is nie net ʼn pop nie, dis ʼn houding en ʼn mode. Sy is perfek vir my – ek hou van hoe sy lyk en hoe onafhanklik sy is. Sy het ʼn positiewe houding. Ek dink Barbie wys vir meisies dat hulle enigiets kan wees en hoe om pret te hê. Ek is Barbie se grootste aanhanger. Mense dink dalk ek is mal, maar ek gee nie om nie.”

Azusa het ʼn YouTube-kanaal waar sy allerhande Barbie-wenke gee en jy kan haar ook op Instagram volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Denise ·

Nee kyk nie vir my nie dankie met daai mijoen kan ek baie gate stop !!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.