Video: Beer jaag skiër teen die berg af

Skermgreep uit die video

“Vinniger, vinniger! Die beer jaag jou!” was die krete van omstanders toe ʼn beer ʼn skiër in Roemenië teen ʼn berg af gejaag het.

Die angswekkende materiaal is die afgelope Saterdag by ʼn gewilde oord in Predeal in Roemenië verfilm, berig die Daily Mail. Dit wys hoe ʼn toeris vir sy lewe vlug met die beer op sy hakke.

Video’s van die jaagtog is op sosiale media gedeel en wys hoe persone op die kabelspoor maar net kon toekyk hoe die bruin beer die man jaag.

“Vinniger, vinniger! Die beer jaag jou! Moenie terugkyk nie!” het mense vir die man geskree, berig die Romania Insider.

Die beeldmateriaal is reeds deur tienduisende persone gekyk oor verskeie sosialemediaplatforms soos Twitter, Reddit en YouTube.

“Dit is waarvan nagmerries gemaak word!” het een Twitter-gebruiker laat weet.

“Angswekkend! Gelukkig het die skiër nie sy balans verloor nie!” het ʼn ander geskryf.

Die skiër kon gelukkig die bruin beer ontvlug sonder enige beserings. Ion Zaharia, ʼn woordvoerder vir die Gendarmerie, het aan Digi24 gesê die skiër het in ʼn stadium selfs sy sak neergegooi in ʼn poging om die dier se aandag af te trek.

Polisiebeamptes het bevestig hulle het minstens drie oproepe ontvang oor die beer. Beamptes het na die toneel gehaas en die beer, wat waarskynlik vir die geraas geskrik het, het skuiling in die woud gaan soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Susan ·

Stem saam…Was seker sy troeteldier wat al die ander mense op hol gejaag het.

pieterweskaap ·

Is dit die skiër wat so na sy ma roep of die beer wat na sy ma roep?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.