Video: Beer kom kuier in die borrelbad

Skermgreep uit die video

Mark Hough van Altadena, Kalifornië in Amerika, wou verlede week Vrydag ʼn luilekker middag by sy huis spandeer, maar sy planne is skielik omgekrap toe ʼn beer homself kom tuismaak het.

Hough het die beeldmateriaal van die beer in sy borrelbad op sosiale media gedeel. Hy het aan die Associated Press gesê die beer het oor ʼn heining geklim om in sy erf te kom en toe in die borrelbad geklim. Die borrelbad se water was nie in daardie stadium verhit nie.

Hough verduidelik die beer het met die chloortoestel gespeel en die termometer in die lug gegooi. “Hy het vet pret gehad,” het hy gesê. “Hy het uiteindelik uit die borrelbad geklim, na die Margarita toe gestap, dit omgestamp en opgelek.”

Die beer het daarna in een van die bure se bome gaan slaap en later weggestap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cathy e ·

En daar kry hy nog heerlike marguarita ook hehe. Lekker party beertjie!

R.J Raath ·

Wens die lewe was net so eenvoudig gewees, lekker lees en lekker leef soos n beer in die natuur…

Laetitia ·

Die beer se oor is gemerk met ‘n identiteitskyfie vir navorsing doeleindes

Denise ·

Wow dit is vir my een van die mooiste diere wonder nou net hoekom is die beer so naby die woongebied !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.