Video: Beerwelpie uit asblik gered

Natuurbewaarders van Azusa in Los Angeles, Amerika, moes ontbied word nadat ʼn beerwelpie binne ʼn asblik beland en sy ma hom nie kon uitkry nie.

Die polisie in Azusa het Sondagaand omstreeks 22:30 ʼn oproep ontvang dat ʼn ma-beer en een van haar ander welpies probeer om haar kind uit ʼn asblik te kry, berig KTLA-TV.

Adam Smith, natuurbewaarder van die departement van vissery en wild in Kalifornië, het by die toneel aangekom en die welpie gered.

Die welpie het vermoedelik in die asblik beland toe die drie na kos op soek was, en die deksel het toegeslaan met die kleintjie binne-in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.