Video: Beïndruk jou kinders met dié toertjies

Lioz Shem Tov (Skermgreep uit die video)

Hier is ʼn maklike manier om jou kinders te beïndruk – dis toertjies wat enigiemand kan doen!

Lioz Shem Tov was ʼn komediant wat aan die dertiende seisoen van America’s Got Talent deelgeneem het. Hy is in die “Judge Cuts”-ronde uitgeskakel.

Lioz is oorspronklik van Israel en vermaak gehore al die afgelope 12 jaar lank. Hy het op verskeie televisieprogramme verskyn, insluitend ʼn komedieprogram vir kinders op die Nickelodeon-kanaal.

Lioz verduidelik aan die beoordelaars dat hy oor “telekinetiese” magte beskik, maar dis vinnig duidelik sy oëverblindery is niks anders as humoristiese streke nie. Hy laat spring ʼn skuim-roomysbal van sy horinkie af, hy kan ʼn maatband in plek laat bly en vinnig terugspring, hy kan borrels blaas, een vang en dit laat verdwyn en sneesdoekies een ná die ander uit ʼn boks laat verskyn. Sy groot finale is om die deksel van ʼn asblikkie stadig op te hys.

Beoordelaar Heidi Klum was glad nie beïndruk met sy vertoning nie, maar Howie Mandel en Mel B het dadelik vir hom die groen lig gegee. Simon Cowell het hom aanvanklik ook afgekeur, maar verander uiteindelik sy beslissing.

Lioz is in die volgende ronde tydens “Judge Cuts” uitgestem en hy het nie na die kwarteindstryd deurgedring nie.

Wat dink jy?

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hennie ·

Ek het nou vreeslik lekker hiervoor gelag, my dag is sommer nou beter!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.