Video: Bejaarde egpaar sterf ure uitmekaar

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Don en Maxine Simpson was vir meer as 60 jaar saam en het op hul sterfbeddens hande vasgehou voor hulle ure uitmekaar oorlede is.

Metro berig dat Don (90) en Maxine (87) mekaar in die 1950’s ontmoet het. Hulle het twee seuntjies aangeneem en het later in Bakersfield, Kalifornië afgetree.

Die egpaar se kleindogter, Melissa Sloan, het foto’s van haar bejaarde oupa en ouma geneem, insluitend ‘n swart-en-wit foto van waar hulle op hul sterfbeddens hande vashou.

Maxine het die afgelope paar jaar ‘n stryd teen kanker gevoer en Don het seergekry nadat hy geval het. Sloan het haar oupa en ouma van die hospitaal na haar huis se spaarkamer laat skuif waar hulle langs mekaar kon lê.

Maxine het eerste haar laaste asem uitgeblaas en Don is vier ure later oorlede.

http://youtu.be/7Ibq1NP3DXI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leeutjie ·

Dis so pragtig, ek sit in trane. Hierdie wonderlikheid gebeur nie meer nie. Ek is geskei en dit is wat ek altyd vir my en my ex in gedagte gehad het. Ek beny hierdie twee mense en nou is albei veilig by God!

Waks ·

Dis nou tot die dood ons skei hierdie mense was bedoel vir mekaar en was saam tot die bittere einde. Vir die kleindogter I salute you Melissa vir die liefde en die gebaar van omgee ek het skoons gehuil toe ek dit lees.

BullsEye ·

Soos in “The Notebook” fliek. Ek is bly dit gebeur in die werklike lewe ook!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.