Volgens ʼn opname deur Sanctuary, ʼn spa in Brittanje, voel ʼn groot persentasie van Britse vroue dat hulle onder geweldige druk verkeer om die “perfekte vrou” te wees.
Na aanleiding van hierdie inligting, het die organisasie besluit om ʼn advertensie te maak waar ouer vroue jonger vroue raad gee gee oor hoe om ʼn bietjie stadiger te lewe. Die ouer vroue vertel wat hulle anders sou doen as hulle weer jonk kon wees.