[Video] Bejaardes sê mekaar die stryd aan

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn 99-jarige en ʼn 92-jarige het mekaar verlede week in Albuquerque in die VSA die stryd aangesê oor 60 m, en 18 sekondes later was wenner oor die wenstreep.

Dit was Orville Rogers (99) wat as die wenner uit die stryd getree het.

“Ek dink as ek maar net ʼn bietjie vorentoe geleun het by die wenstreep, kon ek dalk wen…” het Dixon Hemphill (92) na die tyd gesê. Hy was net 0,05 sekondes stadiger as Rogers. “Toe ons wegtrek was ek voor en het gedink dat dit goed gaan.”

Rogers sê hy is meer begaan oor die tyd wat hy opstel as die posisie waarin hy eindig. “Ek het nie kompetisie nie. Al wat ek moet doen is om op te daag, die resies te voltooi en ʼn medalje te kry.”

Verlede maand het hy ʼn boek, The Running Man, uitgegee – en het hy nie ʼn storie nie! Hy was ʼn ervare vlieënier in die Tweede Wêreldoorlog. In die laaste tien jaar het hy 13 rekords in sy ouderdomsgroep in die slag laat bly. “Ek het jare gelede my sukses begin visualiseer.” Hy doen dit steeds: “Ek oefen baie hard en visualiseer hoe ek die wenstreep haal. Dit is baie lonend om die vermoë te hê om jou doelwitte te bereik.”

Na die nederlaag is Hemphill vasbeslote om beter te vaar. Hy het al ʼn motorfietsongeluk oorleef en in 2008 ʼn heupvervanging gehad. Hemphill sê hy hardloop omdat hy dit geniet en vir die kameraadskap. “Daar is oefeninge wat ek nie doen nie, maar wat ek eintlik veronderstel is om te doen,” bieg hy.

Hemphill het eers ná 40 begin hardloop en Rogers op 50.

Die twee het mekaar aangedurf as deel van die 2017 USATF-meesters binnenshuise baankampioenskap.

Kyk hier na die video:

https://youtu.be/JUP4dN1VW5k

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Motiverend en oulik ·

Dit is uiters motiverend en oulik. Verder ‘n goeie voorbeeld dat mens vir altyd meot oefen. Dankie Maroela

Christa ·

Dis so kosbaar!!! Ek se altyd: dis nie jou ouderdom nie, maar jou GESONDHEID wat jou deurdra!!! Hoop ons sien hulle volgende jaar weer!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.