Video: Bekende Lego-uitstalling in Johannesburg

Lego-uitstalling

Foto: ‘n Skermskoot uit die video.

Die bekendste Lego-uitstalling ter wêreld, “Art of the Brick”, is in Rosebank in Johannesburg te sien. Die uitstalling was vroeër ook te sien in Kaapstad.

Die Australiër Nathan Sawaya het miljoene van dié kleurvolle boublokkies gebruik om 75 kunswerke mee te bou. Daar is oorspronklike werke maar ook namaaksels van bekendes soos die Mona Lisa van Leonardo da Vinci en die Dawid van Michelangelo. Die uitstalling sluit ook die alombekende beeld “Yellow” in.

Die uitstalling is nog tot 2 Augustus in Rosebank te sien. Klik hier om kaartjies te koop.

Kyk na dié video vir meer oor die uitstalling:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gwen ·

Ek kan hierdie uitstalling ten sterkste aanbeveel. Ek het dit in die Kaap gesien. Die man is baie kunstig met die blokkies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.