Die bekendste Lego-uitstalling ter wêreld, “Art of the Brick”, is in Rosebank in Johannesburg te sien. Die uitstalling was vroeër ook te sien in Kaapstad.
Die Australiër Nathan Sawaya het miljoene van dié kleurvolle boublokkies gebruik om 75 kunswerke mee te bou. Daar is oorspronklike werke maar ook namaaksels van bekendes soos die Mona Lisa van Leonardo da Vinci en die Dawid van Michelangelo. Die uitstalling sluit ook die alombekende beeld “Yellow” in.
Die uitstalling is nog tot 2 Augustus in Rosebank te sien. Klik hier om kaartjies te koop.
Kyk na dié video vir meer oor die uitstalling:
Ek kan hierdie uitstalling ten sterkste aanbeveel. Ek het dit in die Kaap gesien. Die man is baie kunstig met die blokkies.