Anderson se advertensie volg onderaan die berig. ʼn Enkellopende pa het prysgeld van $1 miljoen (R11 miljoen) ontvang vir sy Doritos-advertensie vir die Super Bowl wat hom minder as $300 gekos het om te maak.
Ryan Thomas Anderson (28) van Scottsdale in Arizona het sy sesjarige seuntjie, Gavin, en die se hond in dié 30 sekonde-advertensie oor ʼn reis deur tyd, gebruik.
Doritos het mense regoor die wêreld genooi om hul eie “Crash the Super Bowl”-advertensie te maak. Anderson is op 3 Februarie as die wenner van dié veldtog aangekondig. Sy advertensie is reeds meer as 2.3 miljoen keer op YouTube gekyk.
Die uiteindelike twee finaliste uit die 5 400 inskrywings, se advertensies is tydens die Super Bowl vertoon. Amber Gill (34) was die tweede finalis in die veldtog. Klik hier om Gill se “Cowboy Kid”-advertensie te sien.
Anderson en Gill sal ook altwee die geleentheid kry om saam met Marvel Studios aan die nuwe Avengers-rolprent te werk.
Die algehele wenner van die Super Bowl-advertensies word op 14 Februarie aangekondig.