Video: Beste reaksie toe sy roomys proe

Skermgreep uit die video

Sosialemediagebruikers is gaande oor die nege maande oue Blakely se reaksie toe sy vir die eerste keer roomys proe.

In ʼn video, wat haar ouers op TikTok gedeel het, maak Blakely haar mond wyd oop om ʼn hap te vat. Dan is die verbasing oor dié lekkerte duidelik op haar gesig te sien. Sy gryp die roomys sommer met albei hande aan asof sy bang is dat iemand dit gaan wegvat. Terwyl sy hap ná hap vat, lag haar ouers te lekker oor die plesier wat sy beleef.

Blakely se ma, Brittani Jernigan, het die video oorspronklik op TikTok gedeel waar meer as 500 000 gebruikers reeds daarvan gehou het. Die video het daarna na platforms soos Twitter, Facebook en Instagram versprei.

Hier is een van die plasings op Twitter:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

VanAfrika ·

Kinders moet kinders wees en mens leef net een keer. My oorlede baba seuntjie sal nooit weet hoe n roomys proe nie. As jy pessimisties wil wees verwag dan die tipe antwoord.

Lag ek nou lekker ·

Lag ek nou lekker. Dit is hoe ek oor roomys voel. Niks so lekker soos roomys nie.

Babatjie ·

Niks so dierbaar soos kleintjies en hulle reaksie elke keer waneer hulle iets nuuts ontdek of ervaar nie. So onskuldig en kosbaar. Mens en dier.

MJ ·

Ek stem saam.. hoe sy daai ogies rek en die roomys met altwee handjies vasgryp. Dis dierbaar!

Wenner ·

Dis bleddie lekker Mamma!! En ek gaan seker maak jul vat dit nie weg nie hehehe

humor ·

Niks vreemd nie al die meisies met wie ek gesleep het, was min of meer so.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.