ʼn Bestuurder se paneelbordkamera het ʼn bisarre voorval afgeneem toe ʼn vrou skielik in die voorste motor rem aanslaan, uitklim, en die motor vanself vorentoe begin rol voor dit teen aankomende verkeer bots.
Twee bestuurders, wie se sportnutsvoertuie getref is, het geringe beserings opgedoen, berig SVG Tribune.
Jasmine Lacey (22) van San Bernardino in Kalifornië, die vrou wat uit die Hyundai geklim het, is later gehospitaliseer en in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed. Sy is egter verlede Saterdag vrygelaat omdat daar nie voldoende bewyse was vir verdere aanklagte nie.
Snaaks dat iemand hier nog nie aan so iets gedink het nie. Maar dit gaan my verstand te bowe. Hoeveel bewyse wil jou nou nog meer hê. Die kamera in hierdie persoon se kar wys alles. Ag nee regtig………………………………………….