Tommy Carroll is al sedert tweejarige ouderdom blind, maar dit het hom nie gekeer om ʼn professionele skaatsplankryer te word nie.
Carroll is met retinakanker gebore, maar dit is ongelukkig te laat opgespoor. Hy was 10 jaar oud toe hy begin skaatsplank ry het, en verduidelik hy “sien” deur na die klank van die wiele te luister. “Beskermingstoerusting is die verskil om absoluut vreesbevange op jou skaatsplank te wees, of absoluut vol selfvertroue,” sê Carroll. “Daar is altyd ʼn manier om ʼn hindernis te oorkom indien jy jou passie groot genoeg is.”
Carroll is met retinakanker gebore, maar dit is ongelukkig te laat opgespoor. Carroll dra beskermingstoerusting en voer merkwaardige toertjies op sy skaatsplank uit. Deur die Be Brave, Be Safe-veldtog hoop Carroll om mense te inspireer terwyl hy die belangrikheid van veiligheid in sport probeer tuisbring.
Kyk ook in die tweede video (heel onderaan die berig) hoe Tommy en legendariese skaatsplankryer, Tony Hawk, oor hul gunsteling sportsoort gesels.
Een mens moet meer leren van personen met een handicap. Ze zijn de helden van onze maatschappij. Door dat ze minder mogelijkheden hebben benutten ze deze zoveel mogelijk. Van hen moet iedereen leren doorzetten in plaats van te rekenen op het werk van anderen.