Video: Blommemeisie en ringdraer trou

Brittney Husbyn en Briggs Fussy het mekaar jare later weer ontmoet en uiteindelik getrou (Skermskoot uit die video)

Brittney Husbyn en Briggs Fussy het mekaar jare later weer ontmoet en uiteindelik getrou (Skermskoot uit die video)

ʼn Man en vrou wat twintig jaar gelede onderskeidelik die ringdraer en blommemeisie by ʼn troue was, het Saterdag met mekaar getrou.

Brittney Husbyn en Briggs Fussy van Minnesota het mekaar jare later herken toe hulle saam studeer het, berig Fox News. Husbyn het glo voor Fussy in die klas gesit en omgedraai en gesê: “Ek dink ek het ʼn foto van jou teen my muur.”

Die paartjie was vyf jaar lank in ʼn verhouding voor hulle weer saam voor die kansel gestaan het.

http://youtu.be/aaZhQrVl-fs

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.