Video: Blus die brand – met klank!

Seth Robertson en Viet Tran met hul klank-brandblusser

Seth Robertson en Viet Tran met hul klank-brandblusser

Twee ingenieurstudente aan die George Mason-universiteit in Virginia, Amerika, gebruik klank om ʼn brand te blus, en hulle hoop dat dié tegnologie eendag selfs vir veldbrande gebruik kan word.

Viet Tran en Seth Robertson wys in dié YouTube-video hoe hulle van laefrekwensieklankgolwe (30 – 60 Hertz) gebruik maak om die vlamme te blus.

Volgens Tran kan die toestel byvoorbeeld in ʼn kombuis bo ʼn oond gebruik word en later selfs aan ʼn hommeltuig gekoppel word om veldbrande mee te blus. So toestel kan ook met groot sukses in ruimtetuie gebruik word.

Aanvanklike eksperimente met hoë frekwensies was onsuksesvol.

Dit is nog nie duidelik hoe doeltreffend die konsep sal wees op grootskaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.