ʼn Video van twee bobbejane wat in ʼn swembad in Bettysbaai in die Wes-Kaap baljaar, word wyd op sosiale media gedeel.
Garth Bradley, eienaar van Kalliste, ʼn gastehuis wat as ʼn “eksklusiewe toevlug” beskryf word, het die video op Kalliste se Facebook-blad gedeel en dit is reeds deur meer as 350 000 persone gekyk.
Garth het aan Maroela Media gesê hy het Dinsdag gesit en werk toe hy die alfa-mannetjie buite die venster gesien het. “Ek het opgestaan om seker te maak die deure is gesluit, om seker te maak dat hulle nie kos kom soek in die kombuis nie.” Hy het daarna twee mannetjies in die swembad sien baljaar en die prettigheid verfilm.
“Dit was nie ʼn baie warm dag nie, so ek dink hulle was net in ʼn spelerige luim,” het Garth bygevoeg. Toe hy later uit gaan, het die twee by die res van die trop in die tuin aangesluit.
Sedert die verwoestende brande in die omgewing, kom die bobbejane glo ongeveer elke twee weke om kos te soek. “Ons het ʼn natuurlike fynbostuin met talle poele, en hulle kom drink graag water, maar dit is die eerste keer wat hulle in die swembad kom baljaar het.”
Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.
Lyk my hulle vat ook die grondhervorming ernstig op……
Klaar gestem, nou is dit speeltyd.
@Jannie : baie skerp!!!!!…..heheheh lekker gelag……
Ag jinne, dis te blêrrie oulik!
Ag my moeder se liefde… julle is lewenslustige en energieke karnallies.
Dit sal darem wonderlik wees as sommige mense hulle pantaloons kan losmaak en die spinnerakke afstof en ook partymaal hulle so lekker geniet en die lewe vier.
Gedorie waar maar dis oulik. Stuur nog.
Oulik. Geen bekommernis van n uur oud nie!
Te dierbaar….sonder sorge !
Nou toe nou, ek het nie geweet bobbejane hou so baie van water nie.
Ek het ook nie geweet hulle hou van duik onderwater nie!!
Hoe cool geen probleme nie kan hulle self net geniet lekr man lekr!!!!!!
Hi toggie , daar kan hulle swem en ek nie eers nie. Geniet hulle gate uit en hoef nie eers die swembad skoon te maak nie.!!!!
Hulle kan ook nie daai pragtige swembadwater weerstaan nie. Te oulik!
Is te sweet. Het hom seker nou al 10 keer gekyk en geniet dit elke keer.
Dierbaar!! Oulike video!