Video: Boer Giel het internet aan die gons

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Boer Giel het die afgelope week die internet behoorlik aan die gons gehad met sy soeke na liefde in “Boer soek ʼn Ou”.

Die komedieskets is vervaardig vir kykNET se VrydagNag Laat-program en steek die draak met die gewilde Boer soek ʼn vrou-realiteitsreeks.

Die video is die afgelope ses dae al meer as 152 000 keer op YouTube gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

charmaine ·

Boer soek ‘n ou?! Dis alles goed en staan onder die woord komedie. Ek beskou dit as net nog ‘n manier om die wit boeremense se naam te vergat!

Stéfan ·

Jy skaats op baie dun ys Charmain. Jy is welkom om in jou hart ‘n probleem met homoseksuele mense te hê, maar sodra jy dit uitspreek of kommentaar daaroor pos kan dit as haatspraak opgeneem word!
Talle Afrikaners, onsluitende boere, is homoseksueel. As jy nie daarvan hou nie stel ek voor jy hou ten minste jou opinie vir jouself!

Elizabeth ·

Stefan ek STEM. Ek dink hierdie is vreksnaaks en moet net in die regte konteks gesien word. Hoekom moet mense tog altyd hulself in ‘n toestand kry oor niks. Kan ons Afrikaanssprekendes nie meer lag nie?? Vaderland tog, Vandermerwes vererg hul nie oor grappies oor hulle, nog minder boksers oor die “dom bokser” grappe ens ens. Ai….En ja, daar is geen fout met homoseksualisme nie. Mense moet leer om ander te aanvaar vir wat hulle is, hul maak die lewe tog so gekompliseerd vir hulself.

zahn ·

Talle Afrikaners, ontsluitende boere, is homoseksueel. Nee magtag, as net die homoseksuele boere mag ontsluit, is die ander maar dik vol bollie, hoor!

Jean ·

Sonde bly sonde. Om die waarheid onder haatspraak te vee, maak dit nie minder waar nie. En om ander die waarheid te vertel is nie haat nie. Om ander te wys op wat reg is is nie haat nie.

Mike ·

Ja ek sien hoe dit werk, as jy sonde uitwys vir wat dit is, dan is dit eweskilik haatspraak en dit maak my lam dat mense so die sonde kan liefhe dat hulle als in hul vermoe doen om dit aanvaarbaar ti maak vir almal. Terwyl hul nou voor hul siel weet wat die skrif se.Boer soek n Ou kan maar soek, maar hy moet nie verwag dat sy soek enigsins aanvaarbaar moet wees vir mesne wat volgens die skrif wil lewe. Dis mos ook nie reg nie

Rudi ·

Dis darem interessant ne? Oor hierdie saak kan mense glad nie ‘n dialoog voer nie. Die oomblik wanneer jy hulle aan die Bybel se definisie van moraliteit herinner, is dit skielik haatspraak en moet dit gekeer word. Hierdie oorgewilligheid om na “haatspraak” en hofbevele te gryp is iets wat my onlangs begin pla in die Afrikanergemeenskap. As jy nie ‘n dialoog kan voer nie, is dit omdat jy nie ‘n argument het nie.

Jean ·

En ‘n wit boere mens se naam is lank reeds vergat, as ‘n wit boere mens dink dat die lewende God ag slaan op jou wit boere mensheid. Wat jy ookal het om op te roem het jy ontvang. Nederige dankbaarheid is dalk meer gepas.

Gerhard Bezuidenhout ·

Die video vergat die boer maar ook die Afrikaner. Het ons dan niks anders om op te dis vir komedie nie .Ek as boer laat sak my kop in skaamte.

Jean ·

Daar is baie boere (nie almal wit nie) wat elk alleen meer vir die land doen as wat al die dstv kanale saam. In ‘n poging om daai 24 uur ‘n dag te vul met beeld materiaal, word daar in die donkerste hoekies van die mens se siel gekrap opsoek na iets om as vermaak af te smeer aan die kyker. En die kyker kyk maar. (Dit is nou boer soek ‘n vrou, laat staan nog boer soek ‘n ou.)

Afrikaner trots lyk vir my iets wat die kat ingedra het en die yorkie in gerol het. Ek dink daai maandelikse fooi kan vir iets anders gaan. Katkos miskien.

John1:5 And the light shineth in darkness; and the darkness comprehended it not.

martie ·

DIE WEG EN DIE WAARHEID!!!!!!!! SONDE BLY SONDE – ROMEINE 1:27, LEES DIT GERUS. AS DIE WOORD SO SE DAN IS DIT SO EN OMDAT EK DIT LEES MOET EK DIT GETUIG OF GOD KOM EN HY EIS DIT VAN MY HAND. AS EK DAN NOU MOET BOET DEUR DIE MENS OMDAT EK ‘n KIND VAN DIE LIG IS, DAN MOET DIT SO WEES, EK KIES MY HEMELSE VADER VOOR MENSGEMAAKTE WETTE. ELKEEN WAT DIE HERE KEN HET NIE ‘n GEES VAN VREESAGTIGHEID NIE. KAN ONGELUKKIG NIE ALBEI, DIE WERELD EN GOD DIEN NIE.

Elizabeth ·

Mense tog, dis ‘n GRAP, hulle steek die draak met ‘n program – hoe is dit nou dat mense so fyngevoelig is en dit sommer as ‘n persoonlike aanval op boere opneem? Vaderland nou kom almal met die Bybel en dit en dat – onthou bietjie in die Bybel staan ook dat mens nie moet oordeel nie, want dieselfde oordeel wat jy gebruik om ander te oordeel sal jy mee geoordeel word. Waar is jul sin vir humor tog. En as iemand “anders” is as jy, beteken dit nie die vagevuur gaan op hom/haar neerdaal nie! Ek wonder hoeveel van die wat nou hier so sonde preek het al gejok op hul inkomstebelasting, of ‘n oproep van die werk afgemaak (dis ook steel ne) of ‘n pen of iets van die werk huis toe gevat, of vroeër huis toe geglip of ‘n bietjie langer middagete geneem (OOK steel!)of vir iemand een of ander tyd gejok of iemand een of ander tyd sleg gemaak (agter sy/haar rug) of beskinder – dis alles ook sonde! Doen bietjie selfondersoek voor julle so gou kilppe gooi en LAG tog net ‘n slag. Die dag wat mens jou sin vir humor verloor… ai dan is dit ‘n sware dag!

Ben ·

Daar word van Christene verwag om hul broers wat sondig in liefde te vermaan. Dit is ook die kerk se plig.
Dit is anders as oordeel. Die Bybel is baie duidelik daaroor dat dit n gruwel in God se oe” is.

Sollie ·

Om nou hier tussen-in te kom: die Bybel sê ook duidelik die grootste gebod is jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, en die tweede, gelykstaande aan dit, jy moet jou naaste liefhê soos jouself.Wie is jou naaste – ALMAL! Pasop wat julle as “sonde” sien en veroordeel!

mickey ·

Stefanie…. Charmaine is reg !,ekt my nie eens verwerdig om na sulke gemors te kyk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.