[Video] Boetie steel harte met liedjie aan pasgebore sussie

Foto: JumbleJoy/Skermskoot uit die video

“You are so beautiful, to me
You are so beautiful, to me
Can’t you see, you’re everything I hoped for
You’re everything that I need, you are so beautiful, to me…”

Die internet is behoorlik op hol oor ʼn skattige video van ʼn seuntjie wat die sanger Joe Cocker se treffer “You Are so Beautiful” vir sy pasgebore babasussie neurie.

Dié video is reeds in Junie 2015 op sosiale media versprei, maar doen vandeesweek weer die ronde op Facebook.

In die video hou die seuntjie sy sussie op sy skoot vas terwyl hulle ma ʼn selfoonvideo daarvan neem. Die kleinding glimlag van oor tot oor.

Dié video is al meer as ʼn halfmiljoen keer op Facebook gedeel.

“You Are so Beautiful” is geskryf deur Billy Preston, Bruce Fisher en Dennis Wilson. Die liedjie is in 1974 deur Preston opgeneem, maar Cocker het in 1975 ʼn treffer daarmee gehad toe die liedjie vir weke in die no. 5-posisie op die Billboard Hot 100-treffersparade gepryk het.

Joe Cocker is in 2014 dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

So is die mens nou maar eenmaal gemaak, om vol liefde te lewe, en in ‘n kindjie se hart is daar geen kwaad nie, hy sien net die mooi

Anton ·

Na al die ander afbrekende nuus sit hierdie nuus my sommer weer in ‘n positiewe bui.

Uvonka ·

Te dierbaar, kosbare oomblikke! Vir daai seuntjie net een boodskap “You are so beautiful to me”.

Tanya ·

Pragtig, maar die baba is darem groot vir ‘n pasgebore baba.

Jakoba ·

Ek stem saam, dit is beslis nie ‘n pasgebore baba daardie nie. Sy lyk tenminste 3 of 4 maande oud. Nietemin dit is te oulik hoe hy vir haar sing

Adel ·

Aaawh dit is so pragtig!! Dis nou waarvan die Bybel praat, dat ons weer soos ñ kind moet wees, so onskuldig en propvol liefde xx

Dankie ·

Dankie Maroela, jul deel al die nuus en net 1 so positiewe berig lig sommer ‘n mens se dag. Te dierbaar vir woorde. Buiten die cute, die liefdesblyk aan die sussie, wys dit die groter prentjie van opregte band en liefde tussen ‘n boetie en sussie, wat ‘n mooi voorbeeld, sy hang behoorlik aan sy lippe en die deernis. Hy kon enige iets anders gesing het die liefde wat tussen hul is, moet ons aanwysers wees teenoor die mense naby ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.