Video: Bok bevry homself uit arend se kloue

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn bok wat verwoed baklei om homself uit ʼn arend se kloue te bevry, maak opslae op sosiale media.

Met ʼn greep wat sowat 10 keer sterker is as ʼn mens se hand kan ʼn arend maklik klein diertjies optel en met hulle wegvlieg.

In dié video poog ʼn arend om ʼn bergbok te gryp. Dit was egter ʼn geval van slim vang sy baas, want die bergbok hardloop rats teen die berg af. Hoe stewiger die arend probeer vasklou, hoe meer verbete bly die bok veg om uit die greep te ontsnap.

In die laaste oomblikke kry die bok die ondenkbare reg – om homself uit die greep te bevry.

Die 57 sekonde lange video is op Reddit gedeel.

Klik hier as die video nie in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

OW ·

Uitstekende video.’n Mens sien dit nie aldag nie.Ek dink hierdie video kan ingeskryf word vir pryse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.