Video: Boogskutter-video baie gewild

Lars Andersen (Skermskoot uit die video)

Lars Andersen (Skermskoot uit die video)

ʼn Video oor Lars Andersen, meester van die eeueoue tegniek van boogskut, is baie gewild op sosiale media en is die afgelope 24 uur meer as 3 miljoen keer gekyk.

Die video is vyf minute lank, maar dit is só interessant dat mens byna nie kan wegkyk nie.

Lars kan linksom en regsom skiet, en hy kan selfs die boog met sy voet vashou. Hy kan ʼn pyl – wat op hom geskiet is – met sy eie pyl deurboor of selfs met sy hand vang. Hy kan op ʼn bewegende teiken skiet en is akkuraat wanneer hy self in beweging is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.