Video: Borrelbad in jou Cadillac!

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Phil Weicker en Duncan Forster het hul 1969 Cadillac DeVille in ʼn werkende mobiele borrelbad verander – en jy kan borrel terwyl jy rondry!

Die twee ingenieurs van Los Angeles in Amerika se droom was om die vinnigste borrelbad te bou. Hulle het die motor, die Carpool DeVille, gebaseer op ʼn prototipe wat hulle as studente in Kanada gebou het.

Hulle het in Augustus by die Bonneville Speedway in Utah deelgeneem aan die wedren om die landspoedrekord vir die vinnigste borrelbad op te stel. Die twee het danksy hul kort video op Kickstarter, genoeg fondse ingesamel om deel te neem.

Volgens die span het hulle 55 myl per uur (ongeveer 89 km/h) gehaal, maar hulle wag nog vir bevestiging dat hulle wel die rekord opgestel het.

Volg Carpool DeVille gerus ook op Twitter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.