Video: Bou ʼn swembad van sand

Skermgreep uit die video

ʼn Voormalige ingenieur van Nasa wys jou in dié video hoe om ʼn swembad te bou waar die sand soos water reageer.

Mark Rober is bekend vir sy YouTube-kanaal waar hy allerhande wetenskaplike eksperimente uitvoer.

Dié video, waar sand soos water optree, is byna ongelooflik. Rober verduidelik dat, indien jy ʼn houer met sand vul en lug dan van onder af blaas, druk die lug deur elkeen van die sandkorrels en verminder die wrywing. Die sandkorrels reageer dan soos water.

In ʼn houer so groot soos ʼn borrelbad (wat hy in die video gebruik) kan mens selfs “swem” in die sand en ligte voorwerpe sal daarop “dryf”.

Hy verduidelik die idee is nie nuut nie, maar hy het gesukkel om navorsing te doen presies hoe hy dit moet opstel. Hy moes 25 keer probeer voor hy dit reggekry het – en die resultate is wonderlik.

Kyk gerus die hele video, selfs die gedeelte waar hy verduidelik hoe dit wetenskaplik werk om nog verdere beeldmateriaal te sien van die sand-swembad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Valerie ·

Dis ‘n sandbad, maw, nie ‘n swembad nie. En aandagsoekery. En nie nuus nie.

Elaine ·

Ag nee man Valerie. Ek dink dit is so oulik. Veral met die water wat nou so min is. Wees bietjie positief jong.

JSG ·

Vet pret vir kinders, maar kan gevaarlik wees. Die krag moet net nie afgaan indien een se kop onder die sand is. Gaan beslis nie help met afkoeling. Interessante eksperiment.

Eish ·

Voorwaar baie interressant en leersaam. Ek dink my kleinkinders sal dit vreeslik geniet en sommer bietjie wetenskap onder die knie kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.