Video: Brandbestryder red katjie

Die video volg onderaan die berig. ‘n Video van ‘n brandbestryder wat ‘n katjie se lewe ná ‘n brand gered het, is reeds meer as 16 miljoen keer op YouTube gekyk.

Die dramatiese reddingspoging is met ‘n GoPro-kamera verfilm wat aan Cory Kalanick se kop vasgebind is toe hy op ‘n brand in Fresno, Kalifornië, reageer het. In die video sien Kalanick in ‘n kamer, vol rook, die bewustelose katjie raak en neem die katjie na veiligheid voordat hy hom van suurstof bedien en met water afkoel.

Die katjie, genaamd “Lucky” ná die voorval, het ongelukkig tydens sy verblyf by die veearts weens rookinaseming gevrek.

‘n Onderhoud met Kalanick volg heel onderaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.