[Video] Britse kinders minder buite as gevangenes

Argieffoto (Foto: palichka, Pixabay)

Argieffoto (Foto: palichka, Pixabay)

ʼn Verslag het onthul dat drie uit elke vier kinders in die Verenigde Koninkryk minder tyd buite spandeer as gevangenes.

Die Verenigde Nasies beveel aan dat gevangenes elke dag minstens ʼn uur lank buite spandeer, maar ʼn derde van kinders in Engeland speel daagliks minder as ʼn halfuur in die buitelug.

Volgens die Play in Balance-verslag deur Persil se “Dirt is Good”-veldtog, spandeer 75% van kinders minder as 60 minute buite en 18% speel nooit buite nie. Dit klop met inligting uit ‘n verslag wat die Britse regering in Februarie uitgereik het, dat meer as een uit elke nege kinders die afgelope jaar nog nie in ‘n park, woud, strand of enige ander natuurlike omgewing was nie.

Drie uit elke vyf ouers beskuldig die gebrek aan geleenthede vir kinders vergeleke met vorige generasies. Een uit elke 10 ma’s en pa’s het nog nooit ʼn buitelugavontuur met hul kind onderneem nie.

Ouers in Engeland beskuldig ook die onbetroubare Britse weer (82%) en ʼn gebrek aan tyd (31%).

Volgens die studie verkies kinders dit om eerder rekenaarspeletjies te speel as enigiets anders. Driekwart van ouers het gesê hul kinders weier soms om speletjies te speel indien enige vorm van tegnologie nie deel is daarvan nie.

Drie uit elke vier ouers het gesê hul kinders verkies eerder om virtuele sportspeletjies op ʼn televisieskerm te speel as die ware Jakob.

As gevolg van die feit dat kinders so min buite speel, het hulle ook ʼn gebrekkige kennis van die natuur: kinders kon nie bome of blomme uitken nie.

Ongeveer 12 000 ouers en 2 000 kinders van die Verenigde Koninkryk het aan Persil se studie deelgeneem.

Lees meer: The Guardian, The Guardian, Gov.uk, Treehugger.com, Learning through Landscapes

Besoek ook: Dirt is Good

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Etienne ·

Dit is omdat die weer so sleg is. Ek bly in Noord Ierland en die weer hier en in Engeland is maar vrot. Min sonskyn

Johan R ·

Tegnologie het baie voordele en baie nadele. In die geval is dit een van die nadele van tegnologie en die era waarin ons leef. Dit is hoe tegnologie oa weer gesinslewe negatief beinvloed.

Raymond ·

Ons het altyd gepraat van die lekker om op ń plaas groot te word. Kon loop net waar jy wil. Het buite geslaap. Nou slaap ons agter ń toe deur! Elke aand word plan uitgewerk oor wat wie moet doen as daar n plaasaanval is. Dan is daar nog mense wat vir my sê ons is beter af in nuwe SA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.