ʼn Nuwe brug in Viëtnam, wat lyk of dit deur twee reusehande opgehou word, lok derduisende toeriste.
Die brug, wat sowat 150 m lank is, is teen die Ba Na-berg naby Danang geleë en is in Junie in gebruik gestel nadat dit sowat ʼn jaar geneem het om te voltooi.
Foto’s van die brug het egter onlangs soos ʼn veldbrand op sosiale media begin versprei. Die Cau Vang (Goue Brug) is deur Vu Viet Anh ontwerp.
Talle sosialemediagebruikers meen dit lyk of “God se hande” die brug in die lug hou.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Asemrowend…. wonder net hoe hoog is die brug… ek sal bietjie te bang wees … well done aan die persoon wat dit ontwerp het…kan dink dat dit baie mense gaan lok. Waarlik n baie mooi skepping