Video: Bruid en brak dans saam

Sara en John Devine met Hero aan haar sy (Foto: TheSuperColliesMom/Instagram)

ʼn Video van ʼn bruid wat met haar hond dans, word wyd geloof vir hul oulike optrede.

Sara Carson Devine, wat bekend is vir die opleiding wat sy met honde doen, het die dansbaan op haar troudag met Hero gedeel. Die video is reeds byna 10 miljoen keer gekyk.

Sara en Hero het in 2017 aan America’s Got Talent deelgeneem en op haar troue die liedjie uit die 1980’s, “Footloose” laat herleef. Die twee het gaste by Sara se huweliksbevestiging met John Devine in Las Vegas vermaak.

Die talentvolle skaaphond spring, huppel, klim en “dans” soos hy geleer is.

Today was a big day! –So happy to have Hero by my side through my life’s journey. We had a Super Devine night ????????

Posted by The Super Collies on Saturday, June 15, 2019

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Marius ·

Is dit nou die hond se troue en bruidegom staan eenkant aai.

H ·

Ja nee daai bruidegom gaan defenitief 2de viool speel in daai huwelik.

Poppie ·

Dit is mos nie te sê dit is die eerste dans nie. Tien teen een al baie danse saam haar nuwe man gedans en noudat sy een keer saam haar hond, wat dit net so baie geniet, dans nou word die arme bruidegom bejammer. Ek love die video. As my hond kon, sou ek ook met hom gedans het, maar hy skop stokstyf

**anoniem** ·

Regtig mense, die vrou en haar man is duidelik altwee diere liefhebbers anders ou hy dit mos nie toegelaat het op sy troue nie. Ek dink dit is baie spesiaal! ♥♥♥

Hondeliefhebber ·

Dis pragtig. Laat my sommer beter voel! As alle honde tog maar net soveel liefde en aandag gekry het!

Hondema ·

My windhond kan nie dans nie, maar sy spring ‘n meter met al vier voete in die lug as die deur oopgaan en sy kan binne kom kuier by ons. En sy lag van oor tot oor as sy eers binne is.

Julie Jansen van Rensburg ·

Die enigste tyd wanneer my drie “pavement-specialtjies” enigsins danspassies uitvoer is wanneer ek vir hulle ‘n “snoepie” soos ‘n lekker been met bietjie murg en vleis gee om hulle besig te hou.

Gert ·

So bly om te sien daar is ook ander mense wat hul Honnekinners waardeer en deel van hul lewens maak. Geseënd sal hulle wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.