[Video] Bruid met T-Rex-kostuum het sosiale media aan die gons

bruid-dino-3

Foto: Skermskoot uit die video.

ʼn Video van ʼn bruid wat in ʼn T-Rex-kostuum by haar troue opdaag, het sosiale media gaande. Die video is op Facebook gedeel en al meer as twee miljoen keer gekyk. Elizabeth Gardner en haar man het verlede jaar in November op die eiland Bald Head, VSA, getrou.

Haar man, Thomas, met sy rug gedraai, het op sy bruid gewag en beslis nie ʼn dinosourus-kostuum verwag nie. “Mense het verby ons gery en breed geglimlag, maar ek het nie verstaan hoekom nie,” vertel hy. Toe hy omdraai en sy vrou sien, was hy baie verbaas en het geskater van die lag. “Is jy kwaad hieroor?” het sy gevra. “Nee,” het hy laggend sy liefde vir haar verklaar.

Om te loop in die kostuum was vir Elizabeth die moeilikste, maar sy het darem die kostuum uitgetrek voordat die troubeloftes afgelê is.

Die rede waarom sy so aangetrek het? Sy wou veral haar man se reaksie op dié kostuum sien. Haar ma se nooiensvan en haar eie tweede naam is Rex. “Ek het gedink dit sal snaaks wees om op die dag dat ek ʼn Gardner word, ʼn T-Rex-kostuum te dra.”

Elizabeth vertel dat dit haar hart warm maak om te sien dat sy ʼn glimlag op so baie gesigte kon plaas. Sy gaan die kostuum en rok bewaar om eendag vir haar dogter te gee. “Dalk kan dit ʼn tradisie word.”

Lees die volledige berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Daan Erasmus ·

Dit is net waar my sin vir humor sal verdamp. Verdwyn. Dit is nie die regte plek vir dit nie. Maar elke skewe pot kry sy skewe deksel.

brendz ·

Ja nee ou Daan; daai is beslis nie skewe potte of deksels nie! hulle is aantreklik met n fantastiese sin vir humor!! blêHHHHHHHH !!!

brends ·

Awwwhhhh briljant!!! well done! jy kan sommer sien die tweetjies gaan lank gwelukkig wees!! te oulik!!

Ansie ·

ek dink dis ‘n 10 uit 10 een daai…. huwelik seremonies het nie altyd nodig om net ernstig te wees nie…. dis dis briljant

Denise ·

Kleurvol en snaaks en sy het die kostuum uitgetrek vir die seremonie!!!!!

Rentia ·

Definitief nie iets wat ek sou doen of amusant sou vind as my toekomstige wederhelf dit sou doen nie. Maar elkeen maak soos hy wil en as dit vir jou werk… Good for you.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.