Video: Bruid wil nie haar bruidegom soen nie

Skermgreep uit die video

Dis gewoonlik ʼn intieme oomblik tussen man en vrou wanneer die dominee uiteindelik aankondig: “Jy mag maar jou bruid soen.” Die bruid in dié video was egter nie gretig om haar bruidegom te soen nie.

Die video is oorspronklik deur Mwebantu, ʼn nuuswebwerf in Zambië, op Facebook gedeel en word intussen wyd op sosiale media versprei.

In die video probeer die bruidegom sy bruid soen, maar sy is huiwerig. Dit is dan duidelik dat die dominee die pasgetroude paartjie aanmoedig om te soen, en die bruidegom probeer weer, maar dié keer draai sy selfs haar kop weg voor sy hom wegstamp.

Sommige gebruikers op Facebook het gesê hulle is oortuig dié huwelik gaan nie lank hou nie, ander spekuleer die man was dalk die aand voor die seremonie ontrou. Daar is ook persone wat wonder of dit dalk ʼn gedwonge huwelik was en ander wat wonder of die man dalk vergeet het om sy tande te borsel.

WATCH VIDEO: OUCH! AWKWARD MOMENT BRIDE REFUSES TO KISS GROOM AT ALTAR THIS is definitely not what you want to have happen on your wedding day?It was not a good day for one bride and her groom on their wedding day.Naturally, couples are supposed to kiss after being announced as husband and wife, right? Well, this did not happen for one couple.

Posted by Mwebantu on Thursday, November 1, 2018

Klik hier as die video nie in jou webblaaier speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Adri ·

Sy lyk glad nie gelukkig nie….. lyk nie of sy wil trou nie…

CAROL ·

Asem ruik seker na rum na vorige aand se Rum Party – en nie tande geborsel nie

madels ·

Sy lyk bitter ongelukkig! Ongelukkig in Afrika is daar baie gedwonge huwelike, miskien is hierdie ook een.. :-)

Charlotte ·

Dit lyk of hy haar walg….gedwonge huwelik dalk….of die vorige aand se drankwalm om hom….!!!

Anoniem ·

Vader weet watter geweld agter die skerms hierdie video tot gevolg gaan he vir die arme bruid.

Jessica ·

sy is seker verkoop aan hom, vir lobolo want haar family het die geld nodig, sy lyk glad nie gelukkig nie, arme vrou.

Jessica ·

they sold her to get the lobolo money, her happiness dont matter, only the money does.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.