Video: Bruidegom bars in trane uit toe hy bruid sien

Conner en Hannah Courtney op hul troudag. Foto: Facebook

Conner en Hannah Courtney op hul troudag. Foto: Facebook

Conner Courtney het in trane uitgebars toe sy bruid, Hannah, in die paadjie afgestap gekom het. ʼn Video daarvan het internetgebruikers nou gaande.

Die Huffington Post berig die bruidegom se ma, Kara, het die groot oomblik op video vasgelê toe die egpaar vroeër vandeesmaand in Oklahoma getrou het.

Conner het aanvanklik met sy rug na die trougaste gestaan. “Ek het vir Hannah se broer gevra om vir my te sê wanneer sy daar is sodat ek kan omdraai. Die oomblik toe ek haar sien, was dit asof my hele lewe reg voor my afspeel.”

Conner en Hannah het mekaar in 2013 in ’n gimnasium ontmoet en vanjaar op 13 Junie by haar oom se huis in Arcadia getrou. Hannah het aan die Huffington Post gesê hoewel sy ʼn sekere soort reaksie verwag het, was sy steeds uit die veld geslaan deur Conner se passievolle reaksie. “Al wat ek kon doen, was om my grootste glimlag en gelukkigste trane te gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cum Laude ·

Kry ook trane as ek my vrou sien elke oggend vir 26 jaar al. Laatliks huil ek heeldag en bly in die bed.

Michiel ·

hmmm dalk daai lelike tatoos op haar skouer wat hom laat huil…eish hoe koes ek vir die klippe!

Liezel ·

Michiel.Tatoos maak niemand n slegter mens nie….Some people hang their art some people wear their art.

Michiel ·

Liezel, nes ek gedink het – ek moet koes… ek het nie geskryf dit maak haar ‘n slegter mens nie. Nêrens nie. Ek het geskryf dit is lelik (vir my, my opinie dus) en tong-in-die-kies geskryf dalk huil haar man oor dit lelik is. Ai tog klim af van jou troontjie man en LAG!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.