Maria Holand Tøsse (26) het ʼn groot verrassing gehad toe sy in die kerk se gangetjie afgestap het om haar trou aan Ronny Eidsvik (37) van Alesund in Noorweë te beloof.
Die tradisionele lied, Mendelssohn se troumars, het begin speel toe Maria en haar pa in die deur verskyn het. Maar skielik het Maria ʼn mikrofoon te voorskyn gebring en met “You raise me up” van Josh Groban losgetrek.
“Ek is só geraak hierdeur. Ek het geen idee gehad dat dít gaan gebeur nie,” het Ronny gesê.
Maria het in 2006 die derde plek in die Idol-sangkompetisie gehaal.
Net voor hy sy dogter aan haar nuwe man oorgegee het, het Maria se pa ook ʼn paar woorde gesing: “Nou is dit tyd om my dogter weg te gee. Sorg asseblief vir haar,” sing die pa met ʼn bewerige stem.
Dis so mooi!
Ai hoe pragtig, sommer lekker traantjie geknip!
Beste liedjie ooit. Baie geluk vir oorspronklikheid.
Mag hulle lewe ‘n sprokie wees vorentoe. Ek kon nie ophou glimlag met die musiek nie. Dit was pragtig!
Ek geniet Maroela media baie
Dis pragtig!
Dis so mooi. Hoop hulle is baie gelukkig saam. Op my oudste dogter se troue het ek “Gebed van ‘n vader” deur Nikki van den Berg vir die bruidsdpaar gespeel. Daar was nie ‘n droë oog op die onthaal nie. Tot die DJ en fotograaf het gehuil.