Video: Bruidegom kan nie ophou lag nie

Skermskoot uit die video

Hierdie is een van die gedorie-artikels wat in 2018 die meeste gelees is:

ʼn Bruidegom is gewoonlik emosioneel op die dag wat hy met sy mooiste vrou in die wêreld trou en ʼn paar trane word soms gestort. Dié bruidegom het egter trane in sy oë van al die lag.

Die strooijonker het tydens dié troue die konsternasie veroorsaak: vir een of ander onverklaarbare rede het sy broek skielik afgeval. Hy probeer sy broek weer so vinnig as moontlik optrek, maar almal begin saam lag oor die onverwagse wending.

Die bruidegom sukkel om daarna sy lag te bedwing.

Die video is al in 2009 op YouTube gedeel, maar doen tans weer die ronde op sosiale media.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.