Chad Kannard was só opgewonde na sy troue met sy lieflike bruid, Julia Magdaleno, dat sy knieë sommer lam was toe hy haar wou dra.
Die twee het op 11 Oktober in die huwelik getree, maar op die sypaadjie gebeur toe die “ergste moontlike ding”: hy struikel en val… met sy bruid in sy arms.
ABC News berig nie een het ernstige beserings opgedoen nie en Magdaleno het glo aan die uitsaaier gesê sy het gedink dit is “skreeusnaaks”.