Video: Buurman se oulikste plan met ‘oortreder’

Skermgreep uit die video

Een van die ouens agter Canyon Chasers, ʼn webwerf vir motorfietsentoesiaste, het tydens die afsonderingsperiode opgemerk daar is iemand wat elke aand omstreeks 19:00 die sensor laat afgaan van sy sekuriteitskamera.

Dit was ʼn driejarige op ʼn klein fietsie wat telkens, wanneer hy met sy ouers verby die erf stap, eers ʼn draai oor die groot betonblad voor die huis ry. Die beweging het elke keer die sensor laat afgaan.

Die buurman het toe met ʼn blink plan vorendag gekom en besluit om dit selfs nog lekkerder te maak vir die seuntjie. Hy het ʼn video van die verloop op Canyon Chasers se YouTube-kanaal gedeel. Canyon Chasers deel hier allerhande wenke oor motorfietse soos rytegnieke, teorie en opgraderings en hulle resenseer ook produkte.

“Elke aand het ek ʼn kennisgewing gekry van die sekuriteitskamera in my oprit. Ek was aanvanklik bietjie geïrriteerd, maar toe begin ek na die beeldmateriaal kyk,” het hy geskryf. “En toe kom die inspirasie – danksy my vrou wat my die blink plan gegee het. Dit het uiteindelik een van die beste deel geword in ʼn andersins treurige pandemie-somer.”

Hy het die aand met bordkryt spesiaal ʼn renbaan op die beton geteken – en die seuntjie het die volgende dag die baan gery. Elke keer wat dit gereën het, het hy ʼn nuwe (en meer ingewikkelde) baan geteken. Later het selfs van die volwasse fietsryers en selfs ʼn ouer met ʼn stootwaentjie ook die baan begin ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
QueenB

Baie oulik en bedagsaam iets moois om te lees en te sien in die tyd wat daar niks positiefs in die wereld gebeur. thumbs up

Johan David

Dis sooooo great om sulke stories te lees en te kyk……..welgedaan my maat.

Irma

Hierdie man gee definitief om vir kinders. Wie weet dalk is hierdie outjie ‘n toekomstige Binder .

Gemaskerde Sopbeen

Pragtig

Botterblommetjie

net toe ek klaar negatief begin dink het…. ek so ‘n galbitter buurman wat niemand niks gun nie… die is baie baie oulike…. pay it forward…. lyk na ‘n lekker buurt waar almal fietsry en stap ens. ai wens ek nou ek het in so ‘n buurt gewoon….