Video: Bye werk saam om koeldrankbottel oop te maak

ʼn Video is baie gewild op sosiale media van twee bye wat saam werk om die plastiekdoppie van ʼn koeldrankbottel af te skroef.

Die video is in São Paulo in Brasilië verfilm, aldus ViralHog, maar dit laat mense wêreldwyd verstom.

In die 10 sekonde lange video is die twee bye aan weerskante van die doppie te sien. Hulle draai dit effe in die rondte voor hulle die doppie met hul voorpote van die bottel af druk.

“Ek het die video tydens middagete by die werk verfilm. Ek het ʼn koeldrank by ʼn klant gekry maar toe het die bye dit gesteel,” het die persoon, wat die video verfilm het, aan ViralHog gesê.

“Die bye span saam om my koeldrank te steel,” lui die teks in Portugees onderaan die video. “En hulle gaan dit doen. Kyk – so maklik.”

Die video is reeds meer as 3 miljoen keer op Twitter en YouTube gekyk.

“Wel, dis dan die einde vir die mensdom,” het ʼn Twitter-gebruiker geskerts. “Ons het ‘n goeie lopie gehad, maar as bye uitgevind het hoe om ʼn skroefdoppie los te maak, is dit die begin van die einde.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dorkie

Slim!

Danie

Wonderlik

Sandra

Well, I never.

Pietertjie

Eks bevrees, ek ruik lont met die video. Ek het dit raam vir raam ontleed (frame by frame), en hoewel dit lyk asof die bye die prop uit skroef (hoe het hulle geweet dis linksom-los?), vlieg die prop skielik af sonder dat die bye se beweging daarby pas. Ek vermoed dat ‘n sterk en gekonsentreerde straaltjie lug (blaaspypie) gebruik is om die prop te beweeg…