Video: Byna R50 000 vir ʼn piepklein woonstel in New York

Skermgreep uit die video

New York word beskou as een van die mees opwindende stede in die wêreld, maar dit is ook een van die duurste stede om te woon.

ʼn Toer deur ʼn piepklein studiowoonstel wat deur ocr_realty op Instagram gedeel is, wys die woonstel se eienaardige uitleg. Dit kos egter $2 650 (byna R50 000) per maand om hier te woon.

“Is dit die kleinste studioruimte wat jy al ooit gesien het?” lui die beskrywing by die video.

Die eiendomsagent stap deur die woonstel en gaan sit in die slaapkamer om te wys hoe klein dit is. Volgens hom sal ʼn dubbelbed net-net inpas.

Kykers is verstom oor die bedrag vir só klein ruimte en het talle vrae gehad oor die lewenskoste en bekostigbaarheid van akkommodasie in die stad.

“Daardie glasdeur na buite is ʼn inbraak wat wag om te gebeur,” skryf een persoon. “Hierdie woonstel behoort nie meer as $500 te kos nie, skryf nog iemand. “Daardie ruimte buite gaan snags vol rotte wees. Hierdie tipe woonstelle behoort onwettig te wees,” skryf ʼn derde persoon.

ʼn Vierde persoon maan kykers: “Moenie dit doen nie! Die tent waarmee ek gaan kamp het meer ruimte!”

Besoek ocr_realty vir nog video’s van woonstelle in New York.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Misky ·

Ek sal so depressief raak in so plekkie en nie eens spasie in daai hoekie om te staan en skottelgoed was nie…. Nee dankie en dan daai prys per maand!!!

Bolandse Nooi ·

Dit is ‘n STUDIO APARTMENT. Dit is nie veronderstel om “space de galore” te hê nie. Gee daai “outside area” vir my en binne een week het ek dit in ‘n lushof omskep met plante, kunsmatige gras en ‘n sitplekkie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.