[Video] Da Gama se skip gevind

Duikers by die vergane skeepswrak (Foto: Blue Water Recoveries via AP)

Duikers by die vergane skeepswrak (Foto: Blue Water Recoveries via AP)

Navorsers het die wrak van Vasco da Gama se skip, die Esmerelda, by ’n klein eilandjie naby die kus van Oman opgespoor.

Die ontdekking is reeds in 1998 gedoen, maar die ontdekkers het eers gewag dat hulle vennote vind wat in staat sou wees om die skip onder die water oop te graaf. Die bevindings is pas in die joernaal, Nautical Archaeology, gepubliseer.

Die skip het in ongeveer 1502 vergaan, en is die oudste Europese skeepswrak wat nog in die Indiese Oseaan gevind is. Goue en silwer munte, asook talle artefakte is op die toneel waar die skip vergaan het gevind.

Die skip was een van 20 wat aan Da Gama toevertrou is na hy die Kaapse seeroete ’n paar jaar tevore ontdek het. Met sy terugkeer van Indië het hy vyf skepe, waaronder die Esmerelda, agtergelaat om Portugese belange aan die kus van Indië te beskerm. Dié skepe, onder aanvoering van Da Gama se twee ooms, Vicente and Brás Sodré, het egter ’n skrikbewind in die Arabiese golf gevoer, en talle Arabiese skepe gebuit sonder om enige oorlewendes te laat.

Die Esmerelda het in ’n hewige storm aan die kus van Oman vergaan.

Nog ideo’s van die herwinningswerk is op YouTube by Esmaralda Shipwreck beskikbaar.
Lees meer: IBTimes en die Christian Science Monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Antoinette ·

Dis nou interessant. Hoop om meer van hierdie storie te hoor.

Johan ·

‘n Skrikbewind gevoer?

Die Europese lande rondom die Meditereense See was toe al reeds vir amper ‘n 1000 jaar gewikkel in ‘n konstante oorlog teen die Moslem kalifate, en honderde derduisende Europeërs is vermoor en as slawe weggevoer, ‘n stryd wat tot in die 1800’s sou voortduur. Moslemskepe (wat tien teen een in alle geval besig was met die een of ander onheilswerk), en wat op die oop see aangetref is, kon derhalwe nie veel genade verwag nie.

Dog ek sou bietjie perspektief verleen aan die maklike tendens tot swartsmeerdery van die Europese seevaarders.

Shannon ·

Johan, jy’s waarskynlik reg in terme van die moorse effek. Maar so vêr ek weet was die Portugeuse besonder genadeloos – ek het spesifiek die koloniale era in Suid Amerika in gedagte, waar selfs die Spanjaarde hulle gekritiseer het. Ek vermoed ou Da Gama en familie was ook maar `n ‘force unto themselves’. Nie totaal onrealisties nie as mens in ag neem hoe hoog op in die monargie en militêr die Da Gama voorsate was.
Mens dink aan Portugeuse as groente gese maar ek reken hulle was ook maar `n makabere lot op hulle dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.