Video: Dalk die luiste hond in die wêreld?

Skermgreep uit die video

Sparky, ʼn mini-bulterriër, hou daarvan om te dut en knus te lê. Hy hou nie daarvan om te gaan stap nie.

“Sparky is lui,” het sy eienaar, Silvio Siamo, aan The Dodo gesê. “Hy hou daarvan om by die huis te bly en eerder te lê.”

Video’s van die vyfjarige brak wat in die middel van ʼn stappie sommer gaan lê, laat sosialemediagebruikers skater.

Dié bulterriër het al byna 95 000 volgelinge op sy Instagram-rekening en hy is ʼn groot treffer.

In een van die video’s word Sparky in ʼn supermark in Brescia, Italië, op sy maag rondgesleep. Hy lyk heeltemal tevrede met homself terwyl sy eienaar die harde werk doen.

In ʼn ander video lê hy in die straat met sy pote in die lug – duidelik te lui om verder te loop.

https://www.instagram.com/p/B9zmeRLKmON/

https://www.instagram.com/p/B_IeA0EBU80/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.